Ons loop nou al vir die afgelope dekade saam met kanker in ons gesin. Ons daal soms baie laag. Ander kere rys ons baie hoog. Maar deurlopend is dit die God van Lewe wat konstant ons Reisgenoot is – om ons op te tel, moed te gee, te troos, en te herinner dat die lewe nie net gaan oor dié lewe nie. Hier is ‘n bietjie van ons storie.
Author: Chrizane du Plessis
Ek glo in God Drie-Enig met my hele wese. Getroud met die beste man ooit, Fanie. Ons het 6 kinders, ons getroude Kinders is soos ons eie met 8 Kleinkinders. Afgetree en geniet ons Sonskynjare saam met mekaar.